boublokke

Studeer en Floreer

Beste Ouer

Boublokke het sy ontstaan gehad met ‘n droom wat ek gehad het gedurende 2024 waarin ek duidelik ervaar en “gesien” het hoedat ons vir jong kinders boublokke kan vaslê in hulle brein op ‘n jong ouderdom en hulle dan instinktief daardie vaardighede sal gebruik en daarop sal terugval, as hulle dit die dag nodig het.

  • Is jy een van die ouers wat wonder hoe gaan ek my kind leer hoe om te leer?
  • Is jy daardie ouer wat graag jou kind wil bemagtig met vaardighede wat die lewe vir hom makliker gaan maak?
  • Is jy dalk die ouer wat voel dat jy geen onderwys agtergrond het nie en onbekwaam is, maar jy wil graag jou kind sien floreer en sy volle potensiaal bereik.

Ek het baie goeie nuus vir jou! Navorsing van die brein het getoon dat kinders wel die vermoë het om hulle self te leer. Ons kan dus net vir hulle die regte gereedskap in die hand gee en dan sal hulle hulleself verder kan help.

Om verder op ‘n jong ouderdom jou kind se nuuskierigheid oor sekere onderwerpe te prikkel, is goed om hulle leergierig en lief vir leer, te maak. Dit wat kinders leer op ‘n informele, toevallige wyse, word selfs langer onthou. Kinders toon beter retensie van informasie indien hulle nie onder druk is nie en ook as hulle positief en intensioneel aktief by die leerproses betrokke is.

Boublokke is dus jou antwoord! Skryf vandag nog in om jou kind van ouderdom 9 tot 12 jaar ‘n voorsprong te gee en te verseker dat jou kind suksesvol sal studeer.

GRATIS aktiwiteite om te verken

Memorisering

Wenke om vinnig en beter te onthou

Logiese redenering

Kom ons oefen ons brein om logies te dink

Opsommingstegnieke

Hoe om breinkaarte te gebruik om beter te onthou

Assosiasie-tegnieke

Maak slim planne om beter te onthou

Hoe KAN hierdie webtuiste jou help?

Vir die ouer

In hierdie webtuiste kan jy jouself bemagtig met meer kennis oor hoe leer plaasvind in jou kind se brein en hoe jy jou kind beter kan ondersteun in sy/haar akademiese loopbaan. Kyk van die video’s, lees van die artikels en skryf jou kind in vir een van die Boublok-kursusse.

Verder is jy welkom om navraag te doen na wenke of raad vir ‘n spesifieke uitdaging rondom jou kind se leer en skoolloopbaan.

Vir die kind

Hier is kort kursusse opgelaai met nuttige wenke, propvol nuwe kennis en blootstelling aan goeie studiemetodes, memoriseringstegnieke, denkstrategieë en noodsaaklike vaardighede om van jou kind se studieloopbaan ‘n sukses te maak.

Die gratis aktiwiteite sal jou ‘n idee gee watter tipe vaardighede in die studiekursus gedek word.

Hoe die kursusse werk?

Elke kursus is so geskryf dat dit sekere denkvaardighede in die jong kind se brein ontwikkel. Dit word kleurvol en interessant aangebied en is gemik op ouderdomme 9 tot 12 jaar. Kinders van jonger en ouer sou egter ook welkom wees om dit te doen. Jou kind word blootgestel aan ‘n hele klomp nuwe inligting, denkvaardighede en praktiese wenke, wat hom/haar sal help en stimuleer om self verder te eksploreer oor elke onderwerp. Daar is inligting gegee om die jong kind bekend te stel aan sekere aspekte van die leerproses, interaktiewe, leersame studiemateriaal en wenke en dan pret-aktiwiteite om die inligting vas te lê. Hierdie aktiwiteite kan deur die kind alleen gedoen word, maar kan ook ‘n saamdoen-aktiwiteit wees wat jy as ouer, saam kan geniet en so die kind help ontdek hoe sy brein wil leer. Die aktiwiteite sal positiewe gesprekke oor leer ontlok en sodoende ook die jong kind inspireer om nuuskierig self op hierdie pad van ontdekking voort te gaan. Die doel is ook dat dit leerders se denke prikkel rondom hoe hulle hulle eie werk in hulle kurrikulum kan hanteer en hierdie metodes kan toepas op enige informasie wat hulle moet prosesseer en onthou.

Waaroor GAAN die Boublok-kursusse?

Die moderne neiging in die hele filosofie van hoe kinders leer, is dat kinders eerder wil leer in ‘n omgewing waarin hulle ‘n groter mate van vryheid het en waar hulle uitgenooi word om aktief betrokke te wees by hulle leerproses. Gaan kyk na die video’s en vergewis jouself van dit wat bekende leerfilosowe ontdek het.

In die laaste paar jare het sielkundiges ook bevind dat daar baie verskillende vorms van intelligensie is. Dit is in die tyd waarin ons lewe vir jou kind net so belangrik om ‘n goeie sosiale, emosionele intelligensie te ontwikkel, as wat dit belangrik is om goeie taalstrukture en woordeskat aan te leer. So kan ons ons kinders se breine en intelligensievlakke op verskillende terreine ontwikkel.

Vroeër jare het sielkundiges bloot net kinders se verbale en nie-verbale intelligensie getoets. Met Boublok-kursusse wil ons graag jou kind die geleentheid gee om sy intelligensie op verskillende terreine te ontwikkel. Let wel dat die kursusse slegs ‘n bekendstelling is vir jou kind aan sommige konsepte van belang op spesifieke areas van ontwikkeling. Die doel is dat hierdie net die begin is van eienaarskap wat jou kind sal neem vir sy eie verdere ontwikkeling. Die kursus lê dus net die eerste boustene.

Studiemetodes vir jong kinders – die jong kind (ongeveer 9-12 jaar) word blootgestel aan verskillende memoriseringstegnieke, opsommingstegnieke, asook belangrike aspekte om in ag te neem as jy studeer. Daar is 15 pretaktiwiteite wat jou kind kan geniet en uit elke aktiwiteit sal hy/sy studievaardighede leer wat hom/haar sal help om ‘n eie, unieke manier van opsom, leer en memoriseer te ontwikkel wat by jou kind se unieke breinfunksionering pas.

Studiemetodes vir ouer kinders (binnekort beskikbaar) – die ouer kind (ongeveer 13-16 jaar) word blootgestel aan verskillende memoriseringstegnieke, opsommingstegnieke, om te leer met assosiasie, asook belangrike aspekte om in ag te neem as jy studeer. Daar sal 10 lesse wees wat jou kind kan geniet en uit elke les en aktiwiteit sal hy/sy studievaardighede leer wat hom/haar sal help om ‘n eie, unieke manier van opsom, leer en memoriseer te ontwikkel wat by jou kind se unieke breinfunksionering pas.

Logiese redenering – in hierdie 5 sessies word die jong kind van ongeveer 7 tot 11 jaar, se logiese redeneringsvermoë gestimuleer. Die pretaktiwiteite sal jou kind aanmoedig en leer om meer logies te redeneer, voordat hy/sy besluite neem.